Erasmus Universiteit Rotterdam

Erasmus Universiteit Rotterdam
(Erasmus University Rotterdam)

Latyn: Academia Erasmiana Roterodamensis
Leuse:Make it happen
Leuse in Afrikaans:Maak dit gebeur
Gestig:1913
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:€588 miljoen [1]
President:Ed Brinksma
Rektor:Annelien Bredenoord
Fakulteite:7
Personeel:2 932 [1]
Studentetal:28 047 [1]
Ligging:Rotterdam, Zuid-Holland, Nederland
Voormalige name:Nederlandsche Handels-Hoogeschool (NHH: 1913-1939)
Nederlandsche Economische Hoogeschool (NEH: 1939-1973)
Affiliasies:AMBA, EUA, EQUIS, AACSB
Webtuiste:www.eur.nl Edit this at Wikidata

Die Erasmus Universiteit Rotterdam (afgekort: EUR) is 'n Nederlandse universiteit in die stad Rotterdam. Die universiteit is genoem na die teoloog, filosoof en humanis Desiderius Erasmus (1466/67/69-1536).

Die kampusse is op twee plekke geleë wat Hoboken en Woudestein genoem word. Verder is die Erasmus University College in die voormalige munisipale biblioteek gevestig en daar is ook 'n vestiging in Den Haag wat ISS International Institute of Social Studies genoem word.

Die universiteit het in 2016 28 047 studente gehad. Van hulle het 5 542 uit die buiteland gekom. Meer as die helfte van hulle kom uit Europa ( Rusland ingesluit), 27% is van Asië, 8% kom uit Afrika, 3,5% uit Suid-Amerika en byna 4% uit Noord-Amerika.

  1. 1,0 1,1 1,2 Jaar 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search